Blomme in jou beker: Hoe om tee uit jou tuin te maak

Lief vir ’n koppie tee? Op Tuidag kan jy ’n lekker koppie tee geniet met plante en kruie uit jou tuin. Gebruik vars gemmer en borrie wat jy fynstamp, as basis.

Wil jy vir die borrie ’n ekstra skop gee? Voeg swartpeperkorrels by en sommer ook ’n bietjie kardemom. Gundula Deutschländer, meestertuinier by Babylonstoren, verduidelik vir Tenecia Stevens, groentetuin-spanleier, dat dié speserye langer moet trek om die volle geur daarvan te kry. Voor jy dit bedien kan jy suurlemoensap byvoeg vir ’n ekstra verfrissende smaak. 

Probeer ook gerus blomtee met viooltjies uit jou tuin. Dié tee se delikate geur en helderblou kleur is ’n fees vir die sintuie. En as jy regtig jou gaste wil verras – drup ’n bietjie suurlemoensap by en sien hoe die blou tee wonderbaarlik in pers verander! 

Kyk dié video hier. Hou Netwerk24 dop vir nog Tuidagwenke en -video’s. 

Vier saam met ons!

Besoek Tuindag se sosiale mediablaaie vir inspirasie en idees vir kreatiewe eetgoed en dekor. 

As jy graag ’n Tuindagbyeenkoms wil bywoon, aan ’n kompetisie wil deelneem of op die uitkyk wil wees vir spesiale aanbiedings, besoek ons webtuiste en kliek op Events. Jy sal hier presies kan sien hoe ons Tuindag-ambassadeurs beplan om dié dag te vier. 

Deel jou eie vieringe met ons op sosiale media. Gebruik die hutsmerk #GardenDaySA en tag ons @gardendaysa in jou foto’s of video’s. 

Next
Next

Rooted in the Garden: Conversations with Gundula Deutschländer and Constance Stuurman