Van vrieskas tot vonkelglas – die mooiste koel drankies vir Tuindag
Maak die mooiste ysies met vrugte en kruie uit jou tuin. Babylonstoren se resepontwikkelaar Inemari Rabie wys ons dit is so maklik soos om vrugte op te sny en dit saam met kruie uit jou tuin in yshouertjies te pak – jy weet, die soort waarmee jy vir kinders tuisgemaakte ysies maak. Maak die houertjies vol vonkeldruiwesap en vries dit. Jy kan die ysies net so voorsit of in vonkelwynkelkies bedien saam met ’n drankie van jou keuse.
Nog ’n manier om flair aan jou tafel te gee, is om glase te versier. Verf jou glas met ’n haal heuning teen die kant en sprinkel blomsout daarop. Maak dan ’n maklike mengeldrankie met 100 ml gemmersap, drie eetlepels appelasyn en ’n blomgegeurde stroop.
Kyk dié video hier. Hou Netwerk24 dop vir nog Tuidagwenke en -video’s.
Vier saam met ons!
Besoek Tuindag se sosiale mediablaaie vir inspirasie en idees vir kreatiewe eetgoed en dekor.
As jy graag ’n Tuindagbyeenkoms wil bywoon, aan ’n kompetisie wil deelneem of op die uitkyk wil wees vir spesiale aanbiedings, besoek ons webtuiste en kliek op Events. Jy sal hier presies kan sien hoe ons Tuindag-ambassadeurs beplan om dié dag te vier.
Deel jou eie vieringe met ons op sosiale media. Gebruik die hutsmerk #GardenDaySA en tag ons @gardendaysa in jou foto’s of video’s.