Bind, vleg, hang en geniet jou eie blomkroon
Die blomkroon is die amptelike simbool van Tuindag. Waarom nie jou eie maak nie? Begin met nege takke roosmaryn, verduidelik Charlize Brenkman, toergids by Babylonstoren. Jy kan ook wilde olyf- of wilgertakke gebruik. Bind die punte aanmekaar met bloemiste-draad en verdeel die takke in drie. Vleg dit saam en heg die twee punte aanmekaar sodat dit die basis vorm. Knip die stukkies wat uitstaan af, sodat jou basis netjies is.
Vier saam met ons!
Besoek Tuindag se sosiale mediablaaie vir inspirasie en idees vir kreatiewe eetgoed en dekor.
As jy graag ’n Tuindagbyeenkoms wil bywoon, aan ’n kompetisie wil deelneem of op die uitkyk wil wees vir spesiale aanbiedings, besoek ons webtuiste en kliek op Events. Jy sal hier presies kan sien hoe ons Tuindag-ambassadeurs beplan om dié dag te vier.
Deel jou eie vieringe met ons op sosiale media. Gebruik die hutsmerk #GardenDaySA en tag ons @gardendaysa in jou foto’s of video’s.