Dek ’n Tuindag-tafel met kleur en geur

Dek jou tafel ekstra spesiaal op Tuindag. Die skrywer Bianca du Plessis deel hoe sy ’n “roos”-tema gebruik om waarlik die gees en vreugde van Tuindag te beleef en dit met gaste te deel. Jy hoef nie net tradisionele rose te gebruik nie. Sit roosmaryn-takke en roosmalva-blare in ’n pot. Vryf die plante effens deur jou hande om die geure te ontsluit en die vertrek met ’n geurige aroma te vul.  Sit die rose wat jy wil gebruik die vorige aand in warm water, sodat dit die volgende dag lekker groot kan oopmaak. Rangskik dit saam met jou kruie, en siedaar!

Wil jy vir jou drankies ’n spesiale Tuindag-kinkel gee? Sit twee roosmalva-blare in die glase voor jy jou vonkeltee bedien.

Kyk dié video hier. Hou Netwerk24 dop vir nog Tuidagwenke en -video’s. 

Vier saam met ons!

Besoek Tuindag se sosiale mediablaaie vir inspirasie en idees vir kreatiewe eetgoed en dekor. 

As jy graag ’n Tuindagbyeenkoms wil bywoon, aan ’n kompetisie wil deelneem of op die uitkyk wil wees vir spesiale aanbiedings, besoek ons webtuiste en kliek op Events. Jy sal hier presies kan sien hoe ons Tuindag-ambassadeurs beplan om dié dag te vier. 

Deel jou eie vieringe met ons op sosiale media. Gebruik die hutsmerk #GardenDaySA en tag ons @gardendaysa in jou foto’s of video’s. 

Previous
Previous

Brou jou eie kombucha en sit die sprankel in Tuindag

Next
Next

Bind, vleg, hang en geniet jou eie blomkroon