Brou jou eie kombucha en sit die sprankel in Tuindag

Kombucha is gefermenteerde soet tee. As jy kombucha wil brou, moet jy met ’n “scoby” begin. 

Wat op aarde is ’n scoby, wonder jy dalk. . . Scoby staan vir "symbiotic colony of bacteria and yeast". Dit lyk soos ’n stuk jellie en is die lewende tuiste van die bakterieë en gis wat die tee laat fermenteer. Kombucha word gemaak van tee, water, versoeter en dan natuurlik die  kombucha-“scoby”. Vat jou scoby en plaas dit in ’n pot swart tee met genoeg suiker, verduidelik Nadia van Niekerk, voedseltegnoloog van Babylonstoren. 

Jou eerste brousel kan tussen sewe en tien dae vat voor dit gereed is, so maak seker jy begin vroegtydig. 

Tap die eerste brousel af. Jy kan dit daarna geur. Nadia se gunstelinggeur is ’n suurlemoen- en gemmer-kombucha, maar jy kan ook kruie van jou keuse gebruik. 

Sy moedig mense aan om kombucha te gaan koop en self by die huis te geur as hulle nie tyd het om dit self te brou nie. 

Wenk: Moet nooit jou kombucha met die scoby in geur nie. Dit staan ook as die “Moeder” bekend. Giet die kombucha in ’n tweede houer, geur dit en laat dit dan verder brou. 

Kyk dié video hier. Hou Netwerk24 dop vir nog Tuidagwenke en -video’s. 

Vier saam met ons!

Besoek Tuindag se sosiale mediablaaie vir inspirasie en idees vir kreatiewe eetgoed en dekor. 

As jy graag ’n Tuindagbyeenkoms wil bywoon, aan ’n kompetisie wil deelneem of op die uitkyk wil wees vir spesiale aanbiedings, besoek ons webtuiste en kliek op Events. Jy sal hier presies kan sien hoe ons Tuindag-ambassadeurs beplan om dié dag te vier. 

Deel jou eie vieringe met ons op sosiale media. Gebruik die hutsmerk #GardenDaySA en tag ons @gardendaysa in jou foto’s of video’s. 

Next
Next

Dek ’n Tuindag-tafel met kleur en geur